Bier (baie dankie) het vir ons 'n naweek by Bakubung gereel. http://www.bakubung.co.za/ Die huisies is rondom 'n watergat gebou, ons het dus van vroegoggend tot laataand op die stoep gesit en diere kyk. Ek het gedink dit gaan baie vervelig wees, maar ons het sommer kos gemaak op die stoep, so regtig stoepsitters gewees.
Bakabung is die plek van die Hippo's, wat tot 'n lekker gesprek gelei het oor die meervoud van hippopotamus. Karla het mbv Google sommer 'n lekker verklaring gegee ("A question of grammar. The plural of hippopotamus really cannot be hippopotamuses and certainly not hippopotami. Surely it must be hippoepotamus, because it is the hippo that is plural, not the river! Hippo - horse Potamus -river) waarna Lisa opgemerk het dat sy sommer van Hippo's praat! Ons get gelukkig 'n hippo gesien asook vlakvarke met babas en klomp bokke. Eendag het die eensame olifant ook 'n draai gegooi.
Ons het toe op die plaas gaan kuier met 'n fantastiese kombi wat Frans by Edcon kon leen. Ons het natuurlik weer 'n landspoed rekord opgestel, maar die rit was heerlik. Ons het selfs tyd gehad om na Kimberley se gat te gaan kyk - dit is nou regtig mooi en die moeite werd.
Dit het lekker gereen op die plaas:
|
Ek het gaan stap en 'n magtige berg oorwin. (eintlik net 'n koppie) Dit was so die moeite werd.
Toe is dit weer tyd vir huis toe gaan, en saam met die uitgebreide Brink familie te kuier. Ons het LEKKER en aanmekaar geeet.
Kersfees was sonder enige kersboom kersversierings en geskenke. Ek het geld in die kinders se bank rekeninge gesit. Dit was 'n KERS/lig fees ek het eerder klomp kerse oral gesit en dit elke aand aangesteek. Ek is verbaas dat ons nie ons grasdak afgebrand het nie!
Toe is dit nuwejaar (met nie vreeslikke fanfare gevier, maar was tog lekker) en nou is Januarie al amper verby!